|
SKAKELING & BEMARKING
JAARVERSLAG 2005
VERGADERINGS
-
Verkies by AJV tot Vise President en portefeulje van Skakeling en Bemarking deur NUK-lede toegewys.
-
Twee NUK-vergaderings te Pretoria (29/06/05 (neem waar as voorsitter) & 25/11/05 (neem waar as notulehouer)) & een te Kaapstad (25/08/05)
-
Voortdurende e-poskommunikasie tussen bestuurslede, asook gesprekke mbv SKYPE.
SKAKELING
-
Gesprek met Direkteur van Nasionale Argief, Pretoria vir kontak; ontvang onderneming van goeie diens aan lede; oorhandig nuutste bemarkingspamflette; wysig ook GGSA-inligting op webblad van Nasionale Argief mbv hul webmeester (April 2005).
-
Besoek saam met President, GGSA die Voortrekkermonument en tree in gesprek met Cecilia Kruger, Adjunk Hoof Uitvoerende Beampte, asook Estelle Pretorius, Navorser (27/06/05). Bevestig voortgesette bruikleenooreenkoms mbt GGSA Biblioteekversameling.
-
Besoek saam met President, GGSA die FAMILY HISTORY CENTRE, Parktown en tree in gesprek met hoof aldaar (27/06/05). Voortdurende kontak met besoeke aldaar.
-
Gesprek met Hoof: UNISA Argief re aankoop van verdere mikrofilms met genealogiese rekords vir hul versameling en identifisering van aanvullende bronne – stem daartoe in (Aug 05).
-
Besoek Nasionale Biblioteek & Kultuurhistoriese Museum, Kaapstad (26/08/05), asook Hugenote Museum, Franschhoek (27/08/05) en oorhandig nuutste bemarkingspamflette.
-
Woon jaareindbyeenkoms van GGSA: Noordwes op uitnodiging by en tree op as paneellid wat lede se vrae antwoord (7/11/05).
-
Skakeling met takke per e-pos om hul aan te moedig om plaaslike media vir bemarking te gebruik en aankondiging van takbyeenkomste oor RSG
BEMARKING
-
Bemark GGSA by Voortrekkermonument Antiek Mark (21/03/05 & 16/06/05): bestuur en beman stalletjie namens GGSA: Noord-Transvaaltak
-
Radio-onderhoud oor RSG (07/05/05) en aankondigings mbt GGSA gebeure oor die Saterdagoggend-program ‘Brękvis met Bekker – werf belangstelling in aktiwiteite, asook nuwe lede.
-
Onderhoud met joernalis van Radio Rippel (90.5 FM) (27/06/05 net voor 16:00 nuus) re GGSA aktiwiteite – werf nuwe lede.
-
Stuur geredigeerde GGSA Inligtingspamflet aan takke vir gebruik na behoefte (29/08/05)
-
Voorlegging en aanvaarding van artikel (in privaat hoedanigheid) aan ‘n joernalis van Creative Reflections, asook ‘n joernalis van DIT (Julie 2005) – verskyn Februarie 2006 in Maart-uitgawe van DIT & WOMAN’S VALUE - vermeld die GGSA webblad.
BEMARKING (volg)
-
Bemarking van GGSA by AARDKLOP voor en tydens genealogie-werkswinkels dmv skakeling met media o.a. BEELD, Die Burger, RAPPORT, SABC TV2, plaaslike koerante te Pretoria, onderhoude met AARDKLOP-joernalis vir SPAT-feeskoerant, Radio Sonder Grense (voor en tydens fees), Overvaal Stereo (2 onderhoude tydens fees, ongeveer 50 000 luisteraars & Radio Lichtenburg (voor fees) (aanbieding in privaat hoedanigheid; Sept 05) – werf nuwe lede.
-
Help met bemarking van Genealogiefees te Stilbaai & Genealogie kursus van GGSA: Wes Kaaptak deur RSG (Nov 05).
Met dank vir geleentheid om te dien.
Isabel Groesbeek
Vise-President : GGSA
|
|