Skip to main content

Om die aansoekvorm te voltooi: wat is die verskillende opsies ?

(nommers soos op die aansoekvorm)

1. Die kalenderjaar vir Lidmaatskap is vanaf Januarie tot Desember, ongeag van wanneer u sou aansluit.

2. Hierdie afdeling bestaan uit twee opsies. 

  • Die eerste en verstek opsie is om by die eGGSA tak aan te sluit, ongeag of dit die eerste keer is wat u aansluit of lidmaatskap hernuwing is.
  • Die tweede opsie is om by enige een van die landgebaseerde takke as die hooftak aan te sluit, met eGGSA voordele.
    (In hierdie geval sal u die eGGSA nuusbrief en joernaal ontvang, sal toegang hê tot lid areas van die webblad maar geen stemreg in die eGGSA tak nie. U mag slegs by u land gebaseerde tak stem. U sal ook enige publikasie van u landgebaseerde tak, wat ingesluit is in hulle lidmaatskapsfooi, ontvang.)

3. Dui asseblief aan of u die lidmaatskap hernu of aansoek doen vir nuwe lidmaatskap..

4. As ‘n lid van eGGSA (en dus ook van GSSA) sal u, as deel van ‘n lidmaatskap, die GSSA kwartaallikse Joernaal Familia in elektroniese formaat (Adobe Acrobat pdf) ontvang. In hierdie afdeling mag u ook die opsie kies om, addisioneel, die gedrukte weergawe van die joernaal, teen ekstra koste soos gespesifiseer, te ontvang.

5. Dui asseblief aan of u verkies om kommunikasie in Afrikaans of Engels te ontvang.

6. U mag ook die opsie kies om, teen ekstra koste soos gespesifiseer, ‘n verskeidenheid publikasies van GSSA takke, te ontvang.

7. U mag enige familienaam wat van spesiale belang vir u is, aandui.

8. Dui asseblief aan of u bereid is dat enige detail wat u voorsien het met hierdie vorm deur die GSSA gebruik mag word in sy publikasies.

  • Hits: 2626