Skip to main content

Wat is my voordele as lid van eGGSA?

Bykomend tot die voordele van lidmaatskap van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (Kyk hieronder), ontvang lede van die eGGSA Tak die volgende voordele:

  • Dokumentfotos: Lede kan fotos van dokumente uit die Suid-Afrikaanse Argiewe bestel teen ‘n lae tarief. Vir meer detail kyk GGV. (Gereeld Gevraagde Vrae)
  • Hulplêers en Boeke: Lede sal by ons aanlyn Aflaaibiblioteek afdelings vind wat materiaal bevat wat alleenlik vir lede beskikbaar is: Die lede-afdeling met verskeie hulpmiddels vir navorsing en ‘n aantal aanlynboeke in die Boeke-afdeling.
  • Genesis: Lede ontvang die eGGSA se kwartaalikse publikasie Genesis, wat artikels bevat, geskryf deur en vir lede. Regs klik op die beeld hieronder om een van die vorige uitgawes af te laai:

genesis Issue 13, January 2007

  • Familia: As lede van die ouerorganisaie, Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika, sal eGGSA lede ook FAMILIA ontvang, die kwartaalikse tydskrif van die Genootskap, wat gepubliseer word in Maart, Junie, September en Desember. Familia kan in elektroniese en gedrukte formaat voorsien word. Die ledegeld sal afhang van watter formaat gekies word om te ontvang. Regs klik op die beeld hieronder om een van die vorige uitgawes af te laai:

Familia Volume 43 2006 Number 3

  • Help bevorder Suid-Afrikaanse Genealogie: U jaarlikse ledegeld van die eGGSA sal help om die webtuiste te befonds wat ‘n groot versameling van genealogiese materiaal gratis beskikbaar stel aan alle lede.
  • Skryf in vir meer Taknuusbriewe: Teen ekstra koste is dit ook moontlik om op verskeie ander GGSA takke se nuusbriewe in te teken:

Capensis, gedrukte uitgawe, gepubliseer deur die Wes-Kaap tak (nie ingesluit as deel van Wes-Kaap Taklidmaatskap nie)
Oos-Kaap Taknuusbrief (ingesluit as deel van Oos-Kaap taklidmaatskap)
Famnea, gedrukte uitgawe – (Gratis beskikbaar aan Noord-Wes taklede en beskikbaar op hierdie webblad in elektroniese formaat)
GNUS, kwartaalikse nuusbrief van die Natal Middellande Tak
Noord-Transvaal Taknuusbrief (ingesluit as deel van Noord-Transvaal lidmaatskap)
Koste van elkeen van bogenoemde publikasies kan gevind word in die eGGSA se aanlyn aansoek vorm


Wat is die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika?

Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) is ‘n internasionale organisasie van persone wat hulle besig hou met die studie van genealogie, familiebome en familiegeskiedenis wat ‘n Suid-Afrikaanse verbintenis het.

Die GGSA se doel is om belangstelling en navorsing in genealogie en familiegeskiedenis te bevorder en te vergemaklik.

Vir meer detail kyk asseblief na die GSSA se webblad.

  • Hits: 2923