Skip to main content

Gepubliseerde genealogieë

Die onderstaande genealogieë is in meeste van die groter Suid-Afrikaanse biblioteke beskikbaar. Die tweede publikasie is meer op datum. Hou egter in gedagte dat hierdie publikasies nie onfeilbaar is nie - menslike foute sluip in by sulke publikasies. Gebruik hulle as beginpunte of gidse, nie as onbetwisbare bronne nie.

Geslagsregisters van die ou Kaapse Families, deur C.C.de Villiers, revised, hersien en aangevul deur C.Pama, A.A.Balkema, Kaapstad, 1966

Die eerste uitgawe van 1894, opgestel deur G.M.Theal uit die navorsing van C.C.de Villiers, in drie bande, in verskille formaats.

Deel 1: A-J: Geslacht-register der oude Kaapsche familien

Deel 2: A-O: Geslacht-register der oude Kaapsche familien

Suid-Afrikaanse Geslagregisters, opgestel deur J.A. Heese, geredigeer deur R.T.J. Lombard, GISA, 1986-2008.

'n Groot aantal ander boeke is oor die jare gepubliseer, welke boeke in sommige Suid-Afrikaanse biblioteke gevind mag word. 'n Lys van sommige van hierdie boeke kan hier ...  gevind word, maar ons kan nie aantoon waar hulle gevind kan word nie - julle sal hulle self moet opspoor!

  • Hits: 8973