Skip to main content

Geselsgroepe en poslyste:

Unfortunately Ancestry.com seems to have suspended its mailing lists - once an enormously popular means of obtaining information from other ilnterested people. For the moment its archives are still accessible and contain much valuable information.

Britse Immigrante - bespreking oor, en beskikbaarstelling van inligting oor immigrante van die Verenigde Koninkryk na Suid Afrika voor 1900. (in Engels). Vroëre boodskappe is beskikbaar in Rootsweb se argiewe en is op ‘n elementêre basis soekbaar.

Buitenposten - 'n geselsgroep oor Suid-Afrikaanse genealogie en kultuurgeskiedenis. Die hoofvoertaal is Afrikaans, maar bydraes in ander tale word verwelkom. Vroëre boodskappe is beskikbaar in Rootsweb se argiewe en is op ‘n elementêre basis soekbaar.

SAGenealogie - 'n besprekingsgroep oor Suid-Afrikaanse genealogie in Afrikaans. Die webblad is hier. Die argiewe is slegs vir die lede toeganklik.

South Africa - vir Suid-Afrikaanse genealogie belangstellendes (hoofvoertaal Engels). Vroëre boodskappe is beskikbaar in Rootsweb se argiewe en is op ‘n elementêre basis soekbaar.

South Africa - Eastern Cape - 'n Poslys vir diegene wat 'n genealogiese, geskiedkundige of kulturele belangstelling in die Oos-Kaap het. Feitlik alle gesprekke is in Engels. Vroëre boodskappe is beskikbaar in Rootsweb se argiewe en is op ‘n elementêre basis soekbaar.

Southern Africa Jewish Genealogy Special Interest Group, geredigeer deur Dr. Saul Issrof. Die doel is om Joodse Genealogiese navorsers, wat ‘n gemeenskaplike belang in Suid-Afrika het, by mekaar uit te bring.

Wes-Gauteng Tak van die GGSA Blogspot - 'n interessante versameling artikels oor verskillende items van genealogiese aard.

  • Hits: 6907